May 7, 2013

Testimonial: Brett Schulman

Alex,

Baie dankie vir die puik diens en top gehalte werk wat jy en jou span vir my gelewer het met die kaste in die opwaskamer, kombuis en sitkamer by Dzata Lodge.

Ek was eers ‘n bietjie geskok met die prys wat kwoteer is, maar ek kan nou duidelik sien waarom dit dan so is.

Dit is vir my, as klient, belangrik dat julle as verskaffers, moet weet wat die klient nodig het en ek is bly om te sien dat julle in die kol was hiermee.

Die werk is binne sewe dae afgehandel vanaf bestelling tot en met voltooing en dit het alle verwagtinge oortref.

Ek wil vir jou dan ook komplimenteer met Jaco en sy span se werk wat netjies en profesioneel afgehandel is.
Die produk en perseel is silwer skoon aan my oorhandig nadat hulle die installasie gedoen het.

Weereens, baie dankie en ek wens julle alle voorspoed vir die toekoms.

Beste groete.
Brett Shulman.